Vir ontwikkelaars
Outline SDK
’n Kruisplatformbiblioteek en stel nutsgoed vir appontwikkelaars om Outline se goedgekeurde netwerkstrategieë maklik te hergebruik om die ingewikkeldste netwerkvlakinmenging te temper.
Ontwerp vir sensorskapstandvastigheid
Internetsensorskap ontwikkel deurentyd. Outline se bewese strategieë wat miljoene gehelp het om selfs onder die moeilikste omstandighede toegang tot die internet te kry, is nou vir ontwikkelaars beskikbaar in ’n SDK wat maklik is om te gebruik. Outline-SDK werk op alle belangrike platforms en is noukeurig ontwikkel om aanpasbare samestelling en hergebruik van ons tegnologie moontlik te maak.
Outline-SDK maak twee duidelike gebruikgevalle moontlik.
Ontwikkelaars kan hul daarop toespits om meer gebruikers te help om aan die wêreldwye internet deel te neem en toegang te kry tot hul inhoud terwyl Outline-SDK vir jou ’n sterker, geïntegreerde standvastigheid vir blokkering verskaf.
App-skeppers
Bed gevorderde netwerkstrategieë direk by jou apps in, en omseil daardeur ongwenste netwerkinmenging en ontsluiting van toegang tot jou inhoud.
VPN-ontwikkelaars
Benut Outline se grondliggende boublokke en oopbronstrategieë om ’n baanbreker-VPN-ervaring te skep, wat naas ’n bedryftoonaangewer ontwikkel.
Sleutelkenmerke
Saamstelbare koppelvlakke
Trek voordeel uit koppelvlakke wat vir sowel hergebruik en aanpasbaarheid gebou is. Integreer gebruiksgerede strategieë moeiteloos met jou eie implementerings om ’n gepasmaakte ervaring te skep.
Veelvuldige ontwikkelende strategieë
Kies tussen ’n suite verbindingstrategieë wat sowel instaanbedienergegronde opsies, soos Shadowsocks, as instaanbedienerlose oplossings, soos fragmentasie en standvastige DNS, oorbrug. Ons strategieë pas aan en brei uit namate die digitale landskap verander, om seker te maak dat jou verbinding altyd een stap voor is.
VPN-biblioteke
Kry toegang tot die noodsaaklike boublokke vir ’n kruisplatform-VPN-app. Dit sluit onder meer gevorderde kenmerke in soos aansluiters soos “tun2socks” om die gaping tussen IP en transportlae te oorbrug, asook omvattende hantering van UDP-blokkering.