Gereelde vrae
Gereelde vrae
Kry jy nie waarna jy soek nie?
Gaan kyk na ons Hulpsentrum vir meer tegniese hulp.
Nee, Outline is nie ’n VPN nie. Dit maak dit vir enigiemand moontlik om hul eie private VPN-bediener op te stel en te bestuur.
- Outline gebruik ’n handdruklose, onopmerkbare protokol wat moeilik is om te identifiseer, in teenstelling met standaard-VPN-protokolle wat maklik is om te identifiseer en te blokkeer.
- Private verspreiding van toegang. In teenstelling met publieke VPN’e, waar ’n sensor maklik toegang kan kry tot die bedieners en dié kan lys wat hulle wil blokkeer.
- Met Outline is dit maklik om ’n bediener te herskep as dit geblokkeer word.
Toegangsleutels kan slegs vanaf Outline Manager gegenereer word. Kontak iemand wat jy ken wat ’n bediener opgestel het met gebruik van Outline Manager, of stel jou eie bediener op en stuur vir jouself ’n toegangsleutel.
Outline is deur twee onafhanklike sekuriteitfirmas geouditeer. Lees hul verslae hier: Radically Open Security (Maart 2018, Desember 2022), Cure53 (Desember 2018, Januarie 2024).
Outline samel nie persoonlike inligting in nie, tensy jy instem om dit te verskaf. Outline samel ook nie inligting in oor die webwerwe wat jy besoek of met wie of wat jy kommunikeer nie. Om meer te wete te kom oor die data wat ons insamel, kan jy gaan kyk na hierdie steundiensartikel.
As jy ’n rekening skep of by een aanmeld met ’n wolkdiensverskaffer deur Outline Manager, kry ons nie enige inligting, soos jou e-posadres, naam, faktureringinligting en betalingbesonderhede, wat jy aan jou wolkdiensverskaffer gee nie.
Kies jou wolkdiensverskaffer volgens jou spesifieke behoeftes en begroting. Google en Amazon Web Services is beide vertroude name. Digital Ocean bied van die goedkoopste pakkette per maand, en baie gebruikers het aangedui dat dit die maklikste is om op te stel.
Jy kan toegangsleutels direk vanaf Manager deel. As jy op die Deel Toegangsleutel-optreeaanmoediger klik, sal ’n uitnodiging met ’n voorafingevulde boodskap verskyn wat aan die ontvanger instruksies gee oor hoe om die sleutel te aanvaar, Client af te laai en aan jou Outline-bediener te koppel. Jy moet jou ontvanger se e-posadres of foonnommer hê om vir hulle ’n toegangsleutel en koppelinstruksies te kan stuur.
Met baie van die kostelose VPN’e weet jy nie wie toegang tot jou data het nie. Baie van die kostelose VPN’s verkoop jou data of spoor jou aanlyn aktiwiteit na. Sommige sekuriteitkundiges beweer dat baie van die algemene kostelose VPN’e agterdeurtoegang aan regerings en ander dophouers gee. Die meeste kostelose VPN’s is ook kwesbaar vir blokkering en bespeuring.
Terwyl Outline oopbron is en die gebruik daarvan gratis is, behoort ons handelsmerk aan Jigsaw, en moet dit nie misbruik word nie. Lees en volg asseblief hierdie gebruikergids om seker te maak dat jy potensieel misleidende eise of die wanuitbeelding van jou verhouding met Outline of met Jigsaw vermy, en die goedgekeurde handelsmerkelemente korrek gebruik.